Below in an Afrikaans account of the recent JHB 300km BRM by Andre vd Merwe, as submitted to the Randmark Athletics Club. Thanks for sharing.
Onthou jy toe jy jou eerste 10km, 30km, of 100km op jou fiets getrap het?
Daardie gevoel van, ek kan nie meer nie, dan byt jy vas want jy weet jy is amper daar, maar met al die twyfel wat in jou agterkop speel. Dan kom jy daar en jy is al klaar verslaaf aan daardie gevoel van “achievement”.
Dieselfde gevoel was teenwoordig by my tydens die Audax 300km op 25 Januarie 2015. Alhoewel ek dit altyd uitgestel het, het ek net die jaar besluit dit is nou of nooit. Laat ek net eers vertel wat die audax is. https://audaxsa.co.za/about/. Dit is lang-afstand-fietsritte wat deel vorm van die Audax in Frankryk wat al langer bestaan as die Tour de France. Afstande wat in ‘n jaar afgelê kan word is 200km, 300km, 400km en 600km. Dit is nie wedrenne nie omdat jou gemiddelde spoed nie minder as 15km/h mag wees en nie 30km/h oorskry, dit gaan alles om die afstand binne die gegewe tyd te voltooi.
Die oggend van die 300km Audax het ek en 6 ander deelnemers weg getrek van af die Lido hotel in Eikenhof. Deur die vroeg donker en stil Swartkoppies pad in Alberton het ons getrap tot by Alrode, waar on adgedraai het na Nigel. Nigel het ons bereik met 59km op GPS. Hier het ons ons kontrole kaarte laat teken en maar ietsie uit die rugsak ge-eet. Ons het daarna vertek na Heidelberg en ook deurgetrap het en gedraai het in die rigting van Balfour. Na ons die N3 oorgesteek het, het ons in die rigting van Villiers gedraai, en dan tot Villiers getrap. Daar het ons by die Vaal Truck Inn ons kontrole kaarte kaarte laat teken. Afstand 151km. Hier het die “vinniges” voor my en “Salim” wat krampe gekry het, vertrek. Van hier af het ek en “Salim” saam die res van die roete aangepak.
Van Villiers af was dit vir 40km teen die wind en die son het ons uitmekaar geskroei. Ek het in daardie 40km al die water wat ek by Villiers opgevul het opgebruik. Die opvolgende 40km na 3 Riviere was teen die wind en lang “drags”. Tot die reën ons begin van het en dit liggies gehael het. Die reën was welkom op die stadium want my water was lankal klaar en nou was ek so dors dat ek die selfs reëndruppels op my GPS afgelek het op net nattigheid in my mond te kry. By Drie Riviere aangekom, het ons genoeg water en Rennies gekoop, ons kontrole kaarte laat teken. “Salim” het ook hier sy Gebeds rituele gedoen. Hier was die Gps 230km. Die pad na Henley-on-Klip was heel gemaklik en plat. Hier kontrole kaarte geteken. Afstand 252km.
Die pad na Kliprivier was die langste “drag” wat ek nog in my lewe ervaar het,dalk was dit net omdat ek moeg was. Hier het die reen ook afgekom en blitse orals geslaan ‘n ent van ons af. By Kliprivier BP het ons kontole kaarte laat teken. Afstand 276km. Hier het ek my GPS in my rugsak gesit want die reën het so woes afgekom dat ek bang was hy skade sou opdoen. Nou was dit net ons die laaste “stretch” en die woeste reen wat soms gesorg het dat jy byna ne voor jou kon sien nie. Snaaks dat dit juis hier teen die laaste 10km was wat ek die meeste wou opgee (sien my inleiding). Maar ek het net aanhou sê vir myself dat die pyn net tydlik is, maar teleurstelling lewenslank bly. Half sewe daag ons toe by die Lido Hotel op met ‘n gevoel soos ‘n mens nie kan beskryf nie. Dat ‘n mens soveel kan vermag .
Nou dink ek al klaar aan “watter 400km” moet ek doen. Soos Eddie Thomlinson die organiseerder van Audax SA sê:
Don’t tell lies about never doing it again, wait for at least two weeks.